
Ronnie en Henriette Barnard

Past. Ronnie het as jong man van 20 reeds in die bediening getree. Saam met sy pragtige vrou, Henriëtte het hulle hul eerste gemeente in Jacobsdal begin. Binne 'n baie kort tyd het hierdie gemeente geblom en het past. Ronnie aanbeweeg na sy volgende suksesverhaal.
So het hy, Henriëtte en nou ook twee seuns, Renaldo en Doray hulle gedurende 1990 in Boksburg kom vestig. In dieselfde jaar kry hy die visie van 'n makrokerk soos wat dit tans is. Sewe jaar later is die eerste fondasie gegrawe. Past. Ronnie se passie is om leiers op te wek en te ontwikkel en dit doen hy regdeur Suid-Afrika en ook Afrika.
Henriëtte het 'n spesiale gawe van lering en is ‘n baie gewilde prediker en motiveringspreker. Die pastoor wat geen toekoms gegun is nie agv van sy hakkelspraak nie, maak opgang en is vandag nederig dankbaar vir dit wat God by Woord en Lewe tot stand gebring het.













