- Ons Glo in God drie-enig.
- Ons glo in Jesus Christus, die enigste seun van God die Vader. Die ware God wat na die aarde gekom het en vlees geword het. Hy wat gekruisig en begrawe is, het opgestaan en na die hemel opgevaar waar Hy aan die regterhand van God die Vader sit.
- Ons glo aan die Heilige Gees wat die wêreld oortuig van sonde en ons in die waarheid lei.
- Ons glo in die Bybel, die woord van God, wat geskryf is deur manne wat geïnspireer is deur die Heilige Gees.
- Ons glo in die doping in die Heilige Gees met die spreek in ander tale as bewys.
- Ons glo dat die gawes en die vrug van die Gees in elke geredde se lewe sigbaar moet wees.
- Ons glo dat Jesus Christus die hoof van die kerk is en dat die kerk verantwoordelik is om die evangelie aan alle mense te verkondig.
- Ons glo in die doop van die gelowige deur onderdompeling.
- Ons glo in die nagmaal soos ingestel deur Jesus tydens sy laaste avondmaal.
- Ons glo dat op die vasgestelde tyd God sal terugkeer om sy bruid te kom haal.
- Ons glo in 'n dag van oordeel waar Jesus almal sal oordeel. Ons glo in 'n verheerlikte liggaam, 'n nuwe aarde en 'n nuwe hemel.