Taal keuses:


 
Tuis Eerstekeer Hier
Eerste keer hier

A) Welkom

 

Basil and Memory Panayi

Word and Life is truly a church with many different facets. An Afrikaans presiding pastor, a Greek Headpastor married to a lovely English lady. Basil grew up in Springs and later ran a business with his father. When he gave his life to God, he knew that God called him for full time ministry. He studied while he was still in business. Five years ago he was appointed as the head pastor of the English Church. Memory grew up in a pastor's house and thus knows all the ropes. Both Basil and Memory are excellent preachers and their congregation and the community love their vibrant teaching.

 

Dienstye

Meer inligting beskikbaar oor ons dienstye en weekbyeenkomste.

Lees meer...
 

Geskiedenis

Alhoewel Woord en Lewe se wortels terugstrek tot in 1940, is 'n nuwe fase in 1990 betree toe past. Ronnie en Henriëtte die beroep aanvaar het na AGS, Parkrand – soos die gemeente toe bekend gestaan het.

In sy hart was 'n duidelike visie wat hy van die Here ontvang het, naamlik: Die Here maak hierdie gemeente soos 'n stad op 'n berg wat nie versteek kan word nie (volgens Matt 5:14).

Lees meer...
 

Leierskap

Kontak inligting van al die persone in leierskap.

Lees meer...
 

Ronnie en Henriëtte Barnard

Past. Ronnie het as jong man van 20 reeds in die bediening getree.  Saam met sy pragtige vrou, Henriëtte het hulle hul eerste gemeente in Jacobsdal begin.  Binne 'n baie kort tyd het hierdie gemeente geblom en het past. Ronnie aanbeweeg na sy volgende suksesverhaal.

Lees meer...
 

Visie, missie en waardes

Visie: Die Here maak ons soos 'n stad bo-op 'n berg wat nie versteek kan word nie (Matt: 5:14).
Missie: Om Jesus Christus as die lig van die wêreld bekend te maak en elke lidmaat toe te rus vir diens tot die opbouing van die liggaam van Christus. (Ef 4:12)
Waardes:
  • Gebed
  • Saai en Maai
  • Woordgebondendheid
  • Lof en Aanbidding
  • Betrokkenheid en Bedieninge
  • Gemeenskap van Gelowiges (Kontakgroepe)
  • Sielewenners
  • Gesinswaardes
  • Integriteit
 

Wat ons glo

  • Ons Glo in God drie-enig.
  • Ons glo in Jesus Christus, die enigste seun van God die Vader. Die ware God wat na die aarde gekom het en vlees geword het. Hy wat gekruisig en begrawe is, het opgestaan en na die hemel opgevaar waar Hy aan die regterhand van God die Vader sit.
  • Ons glo aan die Heilige Gees wat die wêreld oortuig van sonde en ons in die waarheid lei.
  • Ons glo in die Bybel, die woord van God, wat geskryf is deur manne wat geïnspireer is deur die Heilige Gees.
  • Ons glo in die doping in die Heilige Gees met die spreek in ander tale as bewys.
  • Ons glo dat die gawes en die vrug van die Gees in elke geredde se lewe sigbaar moet wees.
  • Ons glo dat Jesus Christus die hoof van die kerk is en dat die kerk verantwoordelik is om die evangelie aan alle mense te verkondig.
  • Ons glo in die doop van die gelowige deur onderdompeling.
  • Ons glo in die nagmaal soos ingestel deur Jesus tydens sy laaste avondmaal.
  • Ons glo dat op die vasgestelde tyd God sal terugkeer om sy bruid te kom haal.
  • Ons glo in 'n dag van oordeel waar Jesus almal sal oordeel. Ons glo in 'n verheerlikte liggaam, 'n nuwe aarde en 'n nuwe hemel.
 




Bankbesonderhede:

Nedbank Sunward Place

Rek no: 1904 027 970

Takkode: 190442

 

Dienstye:

Naweke
Lifestyle Jeug (Vrydae): 18:00 - 21:00
Sondagoggenddiens: 08:30
Refuel (Engelse oggenddiens): 10:30
Sondagaanddiens: 18:00
Power Hour (Sondagaande): 18:00
Powerkidz (Kinderkerk) Gedurende alle dienste

 

Weekbyeenkomste
Bid saam pst Ronnie
Sondae: 05:30 – 06:30
Oggendbidure Maan - Vry: 06:00 – 06:30
Kontakgroepe Maan - Vry: 19:00 – 20:00
Sake-entrepreneurs
Dinsdae: 09:00 – 10:00
Selbyeenkomste Info by Streekspastore

Kontaknommers:

H/v Trichardtsweg en Kingfisherlaan,
Sunward Park,
Boksburg
Posadres:
Posbus 9001
Cinda Park
1463
Tel: 011 913 4567
Faks: 011 913 4093
E-posadres: admin@woordenlewe.com